SATANISME

SATANISME is ’n uitvloeisel van die okkultisme* en hou as godsdiens verband met die aanbidding en verering van Satan* en sy demone*. ’n Kollege in Rome, genaamd Regina Apostolorum, het begin om ’n kortkursus aan te bied in satanisme, swart magie en eksorsisme*.

Elke satanistegroep staan volgens volgelinge onder die leiding van ’n hoëpriester en ’n hoëpriesteres. Een van die belangrikste aktiwiteite van die groep is om diereoffers aan Satan te bring. In uitsonderlike gevalle word selfs mense geoffer. Van die bloed word deur die lede gedrink. Kinders en jongmense word soms by disko’s of ander plekke na ’n “partytjie” genooi waar drank en dwelms beskikbaar sal wees, asook seks. Wanneer hulle daar aankom, ontdek hulle dat daar ook rituele aan Satan uitgevoer word. ’n Satanistepriester sal bv ’n kruis onderstebo inplant, God, die Here* Jesus* en die Christendom* belaster, terwyl hy eer aan Satan gee. Jong kinders word skynbaar seksueel gemolesteer, en hulle word gedreig as hulle daaroor sou praat.

Betrokkenheid by Satanisme gaan gewoonlik gepaard met dwelmverslawing, rare of rebelse gedrag en beheptheid met “heavy metal”-musiek. Die volgende simbole word gewoonlik met satanistiese groepe verbind: die pentagram, die bokkop-pentagram (’n bespotting van Christus* as die Lam* wat geslag is), en die anargie-simbool, met ’n hoofletter A.

 

Sidebar