SAVONAROLA, GIROLAMO MARIA

SAVONAROLA, GIROLAMO MARIA  (1452–1498) was saam met figure soos Johannes Hus* en John Wycliff* van die voorlopers van die Kerkhervorming* van die 16de eeu. Hy was van Italiaanse agtergrond, terwyl Wycliff van Engelse en Hus van Boheemse (tans min of meer Tjeggiese) agtergrond was. Hierdie figure het saam met ’n filosofiese en kulturele stroming soos die humanisme* die teelaarde voorberei waarin hervormers soos Luther* en Calvyn* na vore kon tree. Die periode waarbinne hierdie wegbereiders gefunksioneer het, staan bekend as die Laat-Middeleeue, wat die agtergrond vir die Kerkhervorming uitmaak. Savanarola was aanvanklik ’n Dominikaanse monnik* en later onder andere priester*2 in Florence. Hy was bekend vir sy Bybel*uitleg en kritiek op wanpraktyke. Hy het naas sy trou aan die Katolieke Kerk* tog sterk gevoel dat die kerk ná ernstige verwording, vernuwe behoort te word. Hy word deur pous* Aleksander VI geëkskommunikeer* (uit die kerk geban) en sterf uiteindelik soos Hus op die brandstapel.

 

Sidebar