SECOND BLESSING (TWEEDE GENADEWERK)

SECOND BLESSING (TWEEDE GENADEWERK) is dié kenmerkende leer van die heiligheidsbeweging*. Dit gaan saam met ’n bepaalde siening van die vervulling met die Heilige Gees*. By ’n mens se bekering* word jou sonde* wel vergewe, maar jy is nog onder die mag van die sonde. Die mens het ’n sondige natuur of eie-ek. Daar is dus volgens hierdie siening vir elke Christen* ’n tweede ervaring nodig wanneer die sondige natuur verwyder word sodat die sonde dan net van buite die mens ’n versoeking kan wees, en nie meer ’n inwendige aanknopingspunt in ons sondige natuur het nie. Die mens kan dan makliker teen die sonde weerstand bied. Die vervulling deur die Gees is ons bekragtiging om die sonde te kan oorwin. Soms lei hierdie siening tot ’n vorm van perfeksionisme*.

 

Sidebar