SEFAS

SEFAS is die Aramese* woord vir “rots” (kepha); in Grieks* is dit petra. Daar word aanvaar dat Jesus* Aramees* gepraat het. Jesus het, toe Hy met Petrus* gepraat het, hom dus eerder “Sefas” as “Petrus” genoem (bv Joh 1:42). Volgens Paulus* het Jesus ná sy opstanding* eerste aan Sefas verskyn voordat Hy aan “die Twaalf” verskyn het (1 Kor 15:3-4). Daar is by sommige twyfel of lg Sefas wel Petrus was, maar volgens Luk 24:33-34 kan dit wel met redelike sekerheid aanvaar word. (Kyk ook: Simon, en: Petrus.)

 

Sidebar