SELFVERLOËNING

SELFVERLOËNING is een van die unieke waardes van die Christelike* geloof*. Selfverloëning word soms omskryf as “om jou eie doodsvonnis te teken”. Dit is ’n eis wat Jesus* aan sy volgelinge stel, en Hy was self op unieke wyse vir ons ’n voorbeeld hierin. Hy het ter wille van ons van sy eie belange afgesien. In die beroemde Christus*lied van Fil 2:6-11 lees ons dat Hy Hom van sy Godgelykheid “ontledig het” (1953-vertaling; 1983-vertaling: “Homself verneder het”; 2014-Direkte Vertaling: “Homself prysgegee het”) en ’n pad van oneindige lyding gestap het om ons te red. Hy verwag dus van ons om ander hoër te ag as onsself, en ons eie belange tersyde te stel ter wille van ander (Fil 2:3-4; ook 1 Kor 10:24, 33; 11:1).

 

Sidebar