SEM

SEM was die oudste seun van Noag* en is saam met Noag en sy ander broers van die sondvloed* gered. Hy en Jafet* het hulle pa se eer beskerm toe Gam* oneerbiedig teenoor Noag was. Sem is deur Noag geseën en deel ook in die Goddelike seëninge wat God met die sluiting van ’n nuwe verbond belowe het. Hy word beskou as die voorvader van al die Semiete, veral die Hebreërs* en die Arabiere* (Gen 10:21), en is die voorvader van die Joodse* volk. Daar word na Sem verwys in die geslagsregister van Jesus* (Luk 3:36).

 

Sidebar