SENDING ONDER SEELUI

SENDING ONDER SEELUI het ontstaan uit die betrokkenheid van organisasies en kerke by seelui wat die hawens in Suid-Afrika en Namibië besoek het. Aanvanklik was die werk ongestruktureerd, maar ná die formele vestiging van die Sending onder Seelui in die hawe van Walvisbaai (Namibië), waar die eerste kiosk in Desember 1973 geopen is, is die werk ook na hawens in Suid-Afrika uitgebrei. Die destydse Sending onder Kommuniste van die NG Kerk* het die werk gekoördineer. Hieruit is later ook die Biblia-hawesending gebore. Verskeie kerke en sendingorganisasies, soos die Christelike Seemansorganisasie (CSO) van die Ned Herv Kerk*, werk op verskillende maniere op hulle eie of gesamentlik mee aan die sending onder seelui, en die aksie is ook internasionaal geskakel.

 

Sidebar