SENDINGWETENSKAP

SENDINGWETENSKAP is die vak wat die sending* van die kerk* ondersoek. Dit beteken dat op ’n wetenskaplike manier nagedink word oor alle sake wat die sending raak: Wat is die doel van sending, wie doen sendingwerk, waar moet sendingwerk gedoen word, watter metodes is die beste om aan te wend? As teologiese* dissipline is die eerste vertrekpunt die Bybel*, maar ander dissiplines word bygetrek om, elkeen op ’n eie manier, die sendingwetenskap te ondersteun. In sendingteologie word die Bybelse basis van die sending ondersoek; in sendingteorie word allerlei teorieë en vraagstukke waarmee die sending te maak het, bestudeer; sendingmetodiek vra na die beste maniere waarop die evangelie* in al sy vorms aan die wêreld bekendgemaak kan word, en in sendinggeskiedenis word die werk wat die afgelope twintig eeue gedoen is, bestudeer, om lesse vir vandag te leer.

Vir verdere lees: DJ Bosch 1991. Transforming Mission: Paradigm Shifts in the Theology of Mission. New York: Orbis. C van Engen 1996. Mission on the Way: Issues in Mission Theology. Grand Rapids: Baker.

 

Sidebar