SENSUUR

SENSUUR is die weerhouding of verandering van inligting wat deur kommunikasiemedia of die kunste aan die publiek beskikbaar gestel word. Die onderliggende motief is gewoonlik om gemeenskapsverhoudings te stabiliseer deur inligting of materiaal wat oor die potensiaal beskik om ernstige konflik in die samelewing te veroorsaak, uit die publieke sfeer te verwyder. Normaalweg word vyf vorms van sensuur onderskei, te wete morele, godsdienstige, politieke, militêre en korporatiewe sensuur. Eersgenoemde twee vorms van sensuur (morele en godsdienstige sensuur) het te doen met die weerhouding van materiaal wat op morele en godsdienstige gronde as aanstootlik vir ’n bepaalde segment van die gemeenskap  beskou word. Die gevaar onderliggend aan alle vorms van sensuur is dat dit die vrye vloei van inligting in ’n samelewing kan belemmer en kan lei tot die manipulasie van samelewingsprosesse deur indiwidue of groepe wat oor die mag beskik om hulle voorkeure op die res van die gemeenskap af te dwing.

 

Sidebar