SERGIUS PAUL(L)US

SERGIUS PAUL(L)US was ’n Romeinse adellike (Kyk by: Romeinse Ryk) wat aan die begin van sy loopbaan as Romeinse amptenaar die verteenwoordiger van keiser* Claudius*  in die provinsie Siprus* was. Volgens Hand 13:7 en 12 verkondig Barnabas* en Saulus* die Woord* van God aan hom en word hy gelowig. Histories beoordeel, is dit moontlik dat die kontak met Sergius Paul(l)us daartoe gelei het dat Barnabas en Paulus* – so word Saulus van hier af  genoem – van Siprus* na Antiogië* aan die Pisidiese grens gegaan het (Hand 13:14). In hierdie Romeinse kolonie en die landelike omgewing het die familie van Sergius Paul(l)us baie invloed gehad, ook op die Romeinse stadsbestuur (die eerstes van die stad – Hand 13:50). Omdat Handelinge* ná die ontmoeting met Sergius Paul(l)us vir Saulus Paulus noem, is dit moontlik dat Saulus Sergius Paul(l)us se van as naam oorgeneem het. Laasgenoemde word later ’n hoë amptenaar in Rome*.

 

Sidebar