SERRURIER, JOHANNES PETRUS

SERRURIER, JOHANNES PETRUS (1735–1819) van Hollandse geboorte, het sy intreerede in die gemeente* Kaapstad op 27 April 1760 met ’n treffende boodskap na aanleiding van Ef 6:19 gelewer. Dit eindig met die woorde: “aanschouw hier, waarde gemeente, leeraar die niets anders sal beoogen dan uw rijk te maken in Gode”.

Hy was leraar ten tye van die vergroting van die Groote Kerk wat onderneem is vir ’n bedrag van 4 000 pond. Daar is in 1778 besluit om die kerk van 1704 te vergroot. Op Sondag 22 November 1789 is die Groote Kerk deur Serrurier ingewy. Die preekstoel van Anton Anreith*, wat tans nog in gebruik is, is by dieselfde geleentheid in gebruik geneem. Terselfdertyd is die familieborde wat teen die mure gehang het, verwyder, asook ’n opskrif bokant die kerkdeur aan die Kerkplein-kant.

Serrurier het in die bediening getrou gebly aan die hoë vereistes wat hy van die staanspoor af aan homself gestel het totdat hy in 1802 geëmeriteer (afgetree) het. Sy bediening in Kaapstad het gestrek van 1760 tot 1804.

 

Sidebar