SERVING IN MISSION (SIM)

SERVING IN MISSION (SIM) is ’n sending*gemeenskap met ’n passie vir Christus* se laaste opdrag aan die wêreld.

SIM het 1 600 sendelinge wat in 37 lande in Suid-Amerika, Afrika* en Asië werk. Die organisasie het meer as 100 jaar gelede ontstaan en is die produk van ’n aantal organisasies soos Africa Evangelical Fellowship, Andes Evangelical Mission, International Christian Fellowship en Sudan Interior Mission.

SIM se kenmerkende eienskap is sy kerk*gerigte fokus. SIM is betrokke by Bybelvertaling*, media-aktiwiteite, ’n bediening aan die mens in nood en teologiese* opleiding. Elkeen van die aksies is gerig op kerkplanting, die ondersteuning en versterking van die kerk en die uitbouing van vennootskapsverhoudings met die kerk.

SIM se kernwaardes sluit die volgende in: ’n sterk toewyding en afhanklikheid van God, gebed* en ’n lewe volgens die Woord*. Hulle doelwit is om God te verheerlik deur kerkplanting, die ondersteuning en vennootskapsluiting met die kerk oor die wêreld deur die evangelisering van die onbereiktes, om nuwe gelowiges by gemeentes* in te skakel en om gemeentes te help toerus om die opdrag van Christus uit te leef.

 

Sidebar