SHOFAR-CHRISTELIKE KERK

SHOFAR-CHRISTELIKE KERK. Terwyl past Fred May en sy vrou Lucille in 1989 met langverlof op Stellenbosch was, het hy tot die oortuiging gekom dat hy vir die dorp moet bid. Teen 1991 het hy ’n groep bekeerlinge gehad wat saam met hom by voorbidding betrokke was. Hierdie groep is die volgende jaar as ’n studentevereniging geregistreer. Hulle het vinnig gegroei en het gou as kerk begin funksioneer. In 1998 is die eerste kerk buite Stellenbosch op die universiteit se Tygerbergkampus geplant. Sedertdien is Shofar-kerke in die charismatiese tradisie (Kyk by: Charismatiese beweging – Teologies) in Worcester, Kaapstad, Pretoria, Windhoek en Londen gestig, terwyl daar ook bedienings in Retreat, Franschhoek en Macassar is. Hulle werk veral deur middel van selgroepe en Bybelskole. Shofar is die Hebreeuse* woord vir ramshoring.

 

Sidebar