SIDON

SIDON is veral bekend as ’n Fenisiese hawestad, met twee hawens wat onderskeidelik as Groot-Sidon (Jos 11:8) en Klein-Sidon bekend was. Dit is in die moderne Libanon geleë. Dit was deel van die stamgebied van Aser* (Jos 19:28) en deel van die gebied wat Dawid* laat tel het (2 Sam 24:6). Die Sidoniërs se vaardige houtkappers is gebruik in die verwerking van die hout wat uit die Libanon gekom het vir die bou van die eerste en tweede tempel*2 (1 Kon 5:6; Esra 3:7). Agab* se vrou, Isebel*, het van hier af gekom. Dit is ironies dat Elia* juis hierheen gevlug het toe Isebel hom gesoek het (1 Kon 17:9).

Dit is ook in dié Grieks*sprekende stad waar Jesus* die dogter van die Siro-Fenisiese vrou genees het (Mark 7:24-31), terwyl baie Sidoniërs na Jesus kom luister het (Mark 3:8; Luk 6:17; 10:13-14). Herodes*2 Agrippa I het ’n afvaardiging van hier ontvang wat direk aanleiding gegee het tot sy dood (Hand 10:20-24), en Paulus* het sy vriende hier besoek op pad na Rome* (Hand 27:3). Dié stad word dikwels in die Nuwe Testament* in een asem saam met Tirus* genoem.

 

 

Sidebar