SIHON

SIHON is die koning van die Amoriete* wat teen die Israeliete* geveg het toe Moses* toestemming gevra het om deur sy land, oos van die Jordaan*, te trek op pad na die beloofde land. Israel oorwin hom en gaan woon in sy land (Num 21:21-31) – ’n oorwinning wat talle kere in die geskiedenis van Israel in herinnering geroep sou word (Deut 31:4, deur Moses; Jos 2:10, deur Ragab*; Rig 11:19-21, deur Jefta*; Ps 135:11; 136:19).

 

Sidebar