SIMONSZ(OON), MENNO

SIMONSZ(OON), MENNO (1496–1561) is in Friesland (tans ’n provinsie van Nederland) gebore. Hy is in 1524 georden as Katolieke* priester*2 in Utrecht. In 1526/1527 het die vrae oor die leerstuk van die transsubstansiasie* hom ernstig laat Bybel*studie doen. In 1531 het hy die eerste keer van die kwessie van herdoop gehoor. Dit het gebeur toe Sicke Freerks Snijder in Leeuwarden onthoof is omdat hy weer gedoop is. Simonz het die Bybel weer deurgewerk en tot die slotsom gekom dat die kinderdoop* nie in die Bybel staan nie. In daardie tyd is hy na Witmarsum verplaas waar hy in aanraking met die Anabaptiste* gekom het. In 1536 (nadat sy broer Pieter en ’n groep Anabaptiste vermoor is) het hy by die Anabaptiste aangesluit. Vanweë sy groot invloed is sy volgelinge in die Nederlande gou “Mennoniete” genoem.

 

Sidebar