SIMRI

SIMRI. Verskillende persone in die Ou Testament* dra hierdie naam, waarvan die bekendstes:

  1. Die seun van Salu, ’n vooraanstaande man in die stam van Simeon*, wat deur die priester*1, Pinehas* (Aäron* se kleinseun), met ’n spies doodgesteek is omdat hy gemeenskap gehad het met die dogter van Kosbi, ’n Midianitiese stamhoof. Dit was tydens die woestyntog van die Israeliete toe hulle weer afgode* begin aanbid en vroue uit die vreemde volke geneem het (Num 25:1-16).
  2. Die vyfde koning van die noordelike ryk Israel*4, wat in 882 vC slegs sewe dae lank koning was. Hy was die bevelvoerder van die helfte van koning Ela* se strydwamag wat in ’n rebellie die koning doodgemaak en in sy plek koning geword het. Die volk wou egter vir Omri* as koning hê en het op hulle beurt in opstand gekom, waarop Simri die paleis afgebrand en so selfdood* gepleeg het (1 Kon 16:8-16).

 

Sidebar