SIPRIANUS

SIPRIANUS (200–258) is in Kartago uit welgestelde heidenouers gebore. Hy het later die biskop* van Kartago geword het. Hy was een van die prominente figure in die kring van die vroeë kerkvaders*. Naas Augustinus* en Tertullianus* was hy die belangrikste teoloog van Noord-Afrika. Hy het aanvanklik retoriek in Kartago bestudeer voordat hy in 246 tot bekering* gekom het. Sy toewyding aan die selibaat*, armoede en die Skrifte (Kyk by: Heilige Skrif) was kenmerkend van hom. Siprianus het ook in in konflik teen biskop Stefanus van Rome* te staan gekom. Sy siening was dat die biskop van Rome die primaat* van die kerk is, maar hy het hom die juridiese primaatskap ontsê.

 

Sidebar