SIRIES

SIRIES is een van die Noordwes-Semitiese tale (Kyk by: Semitiese tale), wat weer in twee groepe verdeel word, Kanaänities* (waaronder Hebreeus*) en Aramees*. Die Aramese groep word verdeel in Oud-Aramees, Wes-Aramees en Oos-Aramees. Siries is een van die belangrikste tale in die Oos-Aramese groep. Die Pesjitta*, die Siriese vertaling van die Bybel*, is een van die belangrikste vertalings van die Vroeë Kerk*. ʼn Groot aantal kerkvaders* het in Siries geskryf, of hulle werke is in Siries vertaal. Siries is dus van groot belang vir die bestudering van die teks van die Bybel, asook vir die teologie* en geskiedenis van die Vroeë Kerk in die ooste.

 

Sidebar