SKINDER

SKINDER is die kwaadwillige verspreiding van gerugte oor iemand wat die bespreekte persoon se goeie naam benadeel, dikwels met die doel om sensasie te ontlok. Die Bybel* waarsku op verskeie plekke direk en indirek teen hierdie praktyk (Eks 20:16; Jak 3:1-12; 1 Kor 13:4-7; Rom 14:10-12; Ef 4:25, 29; 5:12-14; Spr 26:22-23; 25:8-10). Die teologiese motief vir hierdie afwysing lê in twee beweegredes: eerstens is die mens na die beeld van God geskep en moet as sodanig gerespekteer en liefgehê word, en tweedens het God die waarheid* lief en haat die leuen*.

 

Sidebar