SKRIFBEWYS

SKRIFBEWYS. ’n Grondbeginsel van die gereformeerde* teologie* is dat hy hom vir elke leerstuk* op die Heilige Skrif* moet kan beroep. Alhoewel daar nie bewys kan word dat die Bybel* die Woord van God* is nie, is dit ’n geloofsuitgangspunt. Daarom is ’n beroep op tersaaklike Skrifgedeeltes wat volgens erkende hermeneutiese reëls (Kyk by: Hermeneutiek) verklaar is, vir die kerk* genoegsame bewys van die waarheid van ’n bepaalde leerstuk. Die Skrif word dus erken as die hoogste gesag en die finale maatstaf vir leer* en lewe*. Teoloë gee soms voorkeur aan die term “Skrifberoep” bo “Skrifbewys”.

(Kyk ook by: Bybel; Bybel: Mondelinge oordrag en teboekstelling; Bybelse norme; Bybelvertalingmetodes; Heilige Skrif; Skrifbeskouing; Skrifgebruik in die etiek; Skrifgesag; Skrifuitleg; Teksuitleg; Teopneustie; Woord van God.)

 

 

Sidebar