SKULD

SKULD. Die Bybel* laat geen twyfel daaroor nie dat die mens skuldig staan voor God as gevolg van sy sonde*. Dit gaan egter oor meer as die skuld waarvoor iemand persoonlik verantwoordelik is omdat hy of sy teen God gesondig het. Reeds die feit dat ons “van nature” sondig is, maak ons skuldig voor God, want ons is die nakomelinge van die eerste mense wat in sonde geval het. Dit staan in die teologie* bekend as die mens se erfskuld*. Daarby kom nog die eie sondes van gedagte, woord en daad, sodat ’n mens eintlik dubbeld skuldig is. Deurdat Christus* in ons plek die straf op ons sonde gedra het en ons vrygekoop het deur sy soenverdienste aan die kruis, is ons skuld ten volle weggeneem (“Julle is vrygekoop en die prys is betaal”, 1 Kor 7:23 – 1983-Afrikaanse Vertaling).

 

Sidebar