SMIJTEGELT, BERNARDUS

SMIJTEGELT, BERNARDUS (1665–1739) is veral bekend vir sy betrokkenheid by die Nederlandse kerklike en teologiese stroming van die Nadere Reformasie* wat uiteindelik ook op die Suid-Afrikaanse kerklike en teologiese ontwikkeling ’n groot invloed uitgeoefen het. Hy was die skrywer van godsdienstige en geestelike begeleidingsliteratuur, waaronder die bekende Gekrookte riet. Hy was deel van ’n groep wat breedweg bekend was as die Oude Schrijvers of Auteurs. Hierdie soort literatuur het onder andere deel uitgemaak van die beperkte geestelike en godsdienstige boeke wat die Voortrekkers* naas die Statebybel* saam met hulle op die Groot Trek* geneem het. Nadat hy in Utrecht gestudeer het, was Smijtegelt predikant in verskillende gemeentes.

 

Sidebar