SMIT, FRANCINA JEANETTA (NINA)

SMIT, FRANCINA JEANETTA (NINA) (1944–), ’n gebore Clanwilliammer, is een van die produktiefste en waarskynlik die gewildste skrywer van geestelike boeke vir vroue in Afrikaans. Van Smit het tientalle publikasies verskyn, veral gerig op vroue en dogters. Sy skryf troosboeke (Skuiling teen hartseer, Skuiling teen swaarkry, Skuiling teen vrees), boeke vir geestelike versterking (As u Woord oopgaan, Dankie dat U luister, Asemskep-oomblikke met God), Bybelse dagboeke (Dagboek vir die Vrou, Dagboek vir dogters, Meisiewees), boeke vir kinders (Pretboek vir kinders, Pierewiet kom weer). Smit het ’n BA en ’n Hoër Biblioteek-diploma aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, en was lank verantwoordelik vir Die Kinderbode van Die Kerkbode. Sy is getroud met die skrywer-dominee, Johan Smit*. Sy doen goeie navorsing vir haar boeke en skryf na die smaak van haar mark, wat beteken dat sy selde omstrede temas aanpak.

 

Sidebar