SMITH, HENDRIK JOHANNES (HENNIE)

SMITH, HENDRIK JOHANNES (HENNIE) (1944–) het op Kuruman gematrikuleer en in Bloemfontein, Stellenbosch en Pretoria teologie* en sosiologie bestudeer. Hy was predikant* van NG Kerk*- gemeentes in die Vrystaat en Transvaal voordat hy in 1980 by die Hugenote Kollege* as dosent in sosiologie aangestel is. In 1991 sluit Smith by die Afrikaanse Protestantse Kerk (AP Kerk)* aan nadat hy sedert 1986 al hoe meer bedenkings oor die rigting van die NG Kerk begin kry het, in 1990 aangehelp deur die Algemene Sinode* se aanvaarding van ’n hersiene uitgawe van Kerk en samelewing. Daarna was hy predikant van APK- gemeentes in onder meer Worcester en Hartbeespoort, en het in 1997 hoof van die AP Kerk se afdeling vir publikasies geword en daarmee saam redakteur van Die Boodskapper, amptelike blad van dié kerk. Met hierdie blad wou Smith die kerklik-godsdienstige en lewensbeskoulike tendense vanuit die gereformeerde* teologie* en Christelike lewens- en wêreldbeskouing krities ontleed, en in die proses vir die AP Kerk koers probeer aanwys. Smith was in die geledere van die AP Kerk ’n prinsipiële denker en genuanseerde stem.

 

Sidebar