SMITH, PIETER ERNST SCHOLTZ (PIET)

SMITH, PIETER ERNST SCHOLTZ (PIET) (1915–1996) sal onthou word as die eerste en langjarige (1964–1988) sending*sekretaris van die Algemene Sinode van die NG Kerk*. In daardie hoedanigheid het hy grondleggende bydraes gelewer in die vestiging van die algemene strukture en beleid vir die sending van die NG Kerk. Hy het veral as skakel gedien met die “jongkerke” wat uit die NG Kerk se sending gespruit het in Afrika* en elders. Deel van sy werk was die uitgee van 24 jaargange van Die Sendingblad. Voor sy posisie as algemene sendingsekretaris, was hy sendeling* in die Transkei en Wes-Kaaplandse sendingsekretaris.

 

Sidebar