SODOM EN GOMORRA

SODOM EN GOMORRA was twee stede naby die Dooie See. Hulle word in een asem genoem, maar Sodom kom meer prominent voor. Die name van dié stede figureer op ander plekke in die Bybel*, maar die bekendste verhaal is die een in Gen 18–19. God wou die stede vernietig, want hulle sonde* is groot (Gen 18:20). Die stede was bekend vir misdaad en onsedelikheid. Abraham het God oorreed om Sodom te spaar as Hy tien regverdiges daar vind.

Geen regverdige is gevind nie en die stede is vernietig deur swael en vuur uit die hemel. Twee engele*1 het gegaan om Lot* en sy familie te red. Die mans van die stad wou met hulle seksuele gemeenskap hê en het gewelddadig geword. Die engele het hulle met blindheid geslaan en het met Lot en sy familie gevlug. (Kyk ook: Adma.)

Die name Sodom en Gomorra word vandag nog gebruik om negatief na die leefwyse van stede te verwys, en die afgeleide woord “sodomie” is ’n negatiewe beskrywing van geforseerde seksuele omgang tussen mans.

 

Sidebar