SONDAAR

SONDAAR. Volgens die belydenisskrifte* van gereformeerde* kerke is alle mense van nature sondaars. As gevolg van die ongehoorsaamheid van die eerste mense in die paradys*, word almal sedertdien in sonde* ontvang en gebore. Daar is net Een wat nié as sondaar in die wêreld gekom het nie, en wat self ook nooit gesondig het nie, naamlik Jesus* Christus*. Hy was op twee maniere aan God gehoorsaam: deur nooit die wet* van God te oortree nie, en deur te voldoen aan die eis van God om vir sondaars se sondeskuld te betaal deur sy lyding tot die dood aan die kruis*. Dit bring mee dat daar net twee soorte sondaars is: geredde sondaars en ongeredde sondaars. (Sien Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 16; Dordtse Leerreëls 1/5.) (Kyk ook by: Sonde.)

 

Sidebar