SONDVLOED

SONDVLOED. Die vrees vir ’n vloed in die vorm van ’n reuse tsoenami of as gevolg van geweldige oorstromings deur aanhoudende reën, is in heelwat antieke kulture deur middel van mitologiese (Kyk by: Mitologie) verhale uitgedruk. Uit die Ou Nabye Ooste is die Babiloniese Gilgamesj*-vloed, die Atramhasisepos en die Noag*-verhaal uit Gen 6:5–9:29 die bekendstes. Sulke sages kom ook in die Grieks-Romeinese literatuur en by die Kelte voor. Die Bybelse* Noagverhaal het ’n groot rol in die vroeë Jodedom* gespeel en word bv in verskillende vorms deur Filo van Aleksandrië, die Jublieëboek en die Henogtradisie verwerk. Die Nuwe Testament* verdeel die geskiedenis in ’n tyd vóór en ná die vloed (Matt 24:37-39) en maak Noag ’n voorbeeld vir die gelowiges* (Heb 11:7). Die vloed word ook verstaan as ’n tipologiese vooruitskouing op die doop* (1 Pet 3:2).

 

Sidebar