SOUTHERN CROSS

SOUTHERN CROSS is in Oktober 1920 vir die eerste keer gepubliseer as ’n weeklikse koerant vir Suid-Afrika se Katolieke* gemeenskap. Van daardie datum af het dit weekliks verskyn. Wyle kardinaal Owen McCann* was die bekendste redakteur – in die 1940’s en weer ná sy aftrede as aartsbiskop* van Kaapstad in die laat-1980’s en vroeë-1990’s. Die Southern Cross is ’n onafhanklike, ongesubsidieerde koerant. Dit word in Kaapstad gepubliseer deur die Catholic Newspaper and Publishing Company (www.thesoutherncross.co.za). Die berigte en artikels in hierdie koerant het te doen met plaaslike sowel as internasionale Katolieke onderwerpe.

 

Sidebar