SOWETO GOSPEL CHOIR

SOWETO GOSPEL CHOIR het in 2007 die gesogte Grammy-toekenning in die kategorie Best Traditional World Music vir hulle tweede album, Blessed, ontvang. Die toekenning is in Los Angeles gedoen. Die koor, wat toe uit 26 lede bestaan het met David Mulovhedzi as musikale regisseur en Lucas Boks as dirigent, is in 2002 gestig nadat lede van die Holy Jerusalem Choir en koorlede van ander gemeentes in Soweto bymekaargekom het. Kort ná die stigting van die koor het hulle die Australiese Helpmann-toekenning vir uitvoerende kunste in die kategorie beste eietydse musiekkonsert gewen. Hulle is in 2003 aangewys as beste Gospel-koor by die Amerikaanse Gospelmusiek-toekenningsaand. Soweto Gospel Choir se debuutalbum is Voices from Heaven en hulle African Spirit het ook wye bekendheid verwerf..

 

Sidebar