SPADEREËN-KERK

SPADEREËN-KERK se hoofsentrum in Suid-Afrika is in Benoni by die sogenaamde Jatniel-kompleks. Hulle staan in die anabaptistiese* tradisie, en is veral bekend vir hulle vrouelidmate wat blou rokke dra. Hulle het in 1928 van die Apostoliese Geloofsending* afgeskei en in hulleself die eerste druppels van die spadereën (’n ou Nederlandse woord vir laat reën) van die Heilige Gees* gesien (kyk by Sag 10:1). Hulle het ongeveer 15 000 lidmate in Suid-Afrika (2015). Hulle teologiese opleiding vind plaas by die Jatniel-kompleks.

 

Sidebar