STATUS CONFESSIONIS

STATUS CONFESSIONIS, “staat van belydenis”, is ’n tegniese kerklike term wat gebruik word wanneer die waarheid van die evangelie* na die oordeel van die kerk* bedreig word deur ’n bepaalde dwaling/dwaalleer*. Die afkondiging van ’n status confessionis beteken dat oor dié bepaalde saak nie meer ’n verskil van mening kan bestaan sonder dat die evangelie self in die gedrang kom nie. Dit het in 1982 in Suid-Afrika gebeur toe die destydse NG Sendingkerk* ’n status confessionis ten opsigte van die Skriftuurlike regverdiging van apartheid* afgekondig het. Dié “staat van belydenis” verg inderdaad ook ’n belydenis(skrif), is geoordeel, en dit het gelei tot die opstel van die Belydenis van Belhar* deur die NG Sendingkerk en die aanvaarding daarvan deur hulle in 1986.

 

Sidebar