STENIGING

STENIGING is die vorm van doodstraf wat deur die wet van Moses* voorgeskryf is (Lev 20:2), maar wat ook deur sommige omringende volke, soos die Perse* en Masedoniërs*, toegepas is. ’n Persoon wat tereggestel moes word, is buite die stad of kamp geneem (Lev 24:14; 1 Kon 21:16; Hand 7:5), waar die oog- en oorgetuies* hulle hande op die veroordeelde se kop moes lê as ’n teken dat hy skuldig was. Die veroordeelde moes alles behalwe ’n lendekleed uittrek, om heeltemal sonder beskerming te wees. Die oog- en oorgetuies moes die eerste klippe gooi, klaarblyklik ’n maatreël om vals getuienis om ’n onskuldige te benadeel, te ontmoedig.

Vir verdere lees: HS Gehman (red) 1970. The New Westminster Dictionary of the Bible. Philadelphia: Westminster Press.

 

Sidebar