STERWENSBEGELEIDING

STERWENSBEGELEIDING. Die begeleiding van ’n persoon wat in ’n proses van sterwe is, vra besondere pastorale en terapeutiese vaardighede. ’n Terminale pasiënt is iemand wat duidelik, volgens alle mediese aanduidings, binne die afsienbare toekoms sy einde (terminus) tegemoet gaan. So ’n situasie behels baie uitdagings vir die sterwende en vir die familie en vriende. Emosies van ontkenning, woede, depressie, onderhandeling, aanvaarding word deur elke indiwidu op ’n eie unieke manier ervaar. Sterwensbegeleiding behels die vaardige en simpatieke betrokkenheid van iemand wat vir so ’n sensitiewe taak toegerus is. Daarom vorm dit ’n spesialisasieveld in die groter dissipline van pastorale gesprekvoering.

 

Sidebar