STOFFBERG, FRANCINA SUSANNA ALETTA (CINIE, “OUMATJIE STOFFBERG”, GEBORE ROSSOUW)

STOFFBERG, FRANCINA SUSANNA ALETTA (CINIE, “OUMATJIE STOFFBERG”, GEBORE ROSSOUW) (1865–1967) is op Wellington gebore. Sy is met ’n onderwyser van Riebeeck-Wes, Theuns Christoffel Stoffberg (1878–1937), getroud wat heelwat jonger as sy was. Hy het later senator geword (1928–1937). Ná die Anglo-Boereoorlog* word sy die eerste huismoeder van die pasgestigte Langlaagteweeshuis (Kyk by: Kriel, Abraham Paul). Nadat haar man in 1937 oorlede is, het sy bekendheid verwerf vir haar pogings om die nood van haar medemens te verlig. Sy is ook as model gekies om die vrou van die Groot Trek* op een van die panele in die Voortrekkermonument uit te beeld.

 

Sidebar