TABITA

TABITA (Aramees* vir “bok”; in Grieks*: Dorkas) was ’n Christen*vrou, woonagtig in die vissersdorp Joppe*. Sy was waarskynlik ’n weduwee wat haar ywer en rykdom ge­bruik het vir die opheffing van armes. Ter­wyl Petrus* in die nabygeleë Lidda is, sterf Tabita. Die gelowiges* soek troos en raad by Petrus. God stel Petrus in staat om Tabita op te wek en aan haar gemeenskap terug te gee (Hand 9:36-42). Hierdie wonder, wat baie tot geloof* gebring het, was die tweede wat Petrus onder mense van nie-Joodse afkoms verrig het.

Sidebar