TAIZÉ-GEMEENSKAP

TAIZÉ-GEMEENSKAP is ’n ekume­nie­se* klooster*gemeenskap in Boergondië, Frankryk. Dit het ontstaan deur die visie en werk van “broer Roger” (Kyk by: Schütz-Marsauche, Roger Louis). Die gemeenskap bestaan uit meer as ’n honderd mans uit beide die Protestantse* en Katolieke* bene van die Christendom*. Die lewe in die ge­meenskap konsentreer op gebed* en Chris­telike meditasie*. Veral jongmense van oral oor besoek die gemeenskap elke week om aan die werksaamhede deel te neem. Die Taizé-gemeenskap het sedert die 1990’s sterk gegroei met hulle kontemplatiewe musiek en meditatiewe liturgie* wat wê­reld­wyd ingang gevind het. Dertien liedere van hierdie gemeenskap is in die Liedboek van die kerk* opgeneem (Lied 181, 211, 221, 222, 224, 225, 226, 227, 303, 333, 369 384 en 526).

Die Taizé-gemeenskap heg groot waarde aan die kerk*, en daarom wil hulle nie ’n nuwe beweging of ander kerk begin nie. Besoekers word aangemoedig om na hulle eie kerk terug te keer waar hulle Taizé se ekumeniese gebede en musiek kan ge­bruik.

Sidebar