TALMOED

TALMOED is afgelei van die Hebreeuse* woord wat “studeer” beteken. Dit bevat die intellektuele werk van Joodse* geleerdes vanaf 300 vC tot 500 nC. Dit handel oor die burgerlike en godsdienstige wette van die Hebreeuse Bybel en omvat etiese* gesegdes en eksegetiese* opmerkings. Die Talmoed bestaan uit twee verskillende werke, die Misjna (herhaling) en die Gemara (voltooiing). Eersgenoemde is die gesaghebbende neerskrywing van die mondelinge oorle­wering van die wet*. Van die Gemara bestaan daar twee weergawes, een uit Palestina* en een uit Babilon*. Dit bevat halaka (ge­bruike) wat betrekking het op die wet, so­wel as haggada (gesegdes) oor die Skrif*.

 

Sidebar