TAMAR

TAMAR beteken “palm” en is die naam van drie vroue in die Ou Testament*.

  1. ‑Tamar (Gen 38) was vernuftig toe haar skoonfamilie nie hulle leviraatsplig* wou nakom nie. Eers het haar swaer Onan* probeer verhoed dat sy swanger word en ná sy dood was haar skoonpa Juda*1 huiwerig om haar vir sy derde seun te gee. Tamar vermom haar as prostituut en slaap by Juda. Sy het swanger geword en ’n tweeling in die wêreld gebring, uit wie se geslagslyn Dawid* later gebore is.
  2. ‑Tamar is ook die dogter van Dawid. Sy is deur haar halfbroer Amnon* verkrag (2 Sam 13:1-22). Haar ander broer Absalom* het Amnon later vermoor.
  3. ‑Absalom se enigste dogter is ook Tamar genoem (2 Sam 14:27).
Sidebar