TARSIS

TARSIS is die naam van mense en waar­skynlik ’n plek en moet onderskei word van Tarsus*.

  1. ‑’n Persoon uit die nageslag van Jafet* (Gen 10:4).
  2. ‑Een van koning Ahasveros* se sewe adviseurs (Ester 1:14).
  3. ‑Die naam van ’n plek waarheen Jona* gevlug het toe hy van die opdrag van die Here wou wegkom (Jona 1:3; 4:2). Op voet­spoor van Herodotos* identifiseer baie dit met Tartessus in die suidelike deel van Spanje. Die Targum* van Jona­tan en Hieronimus* vertaal “tarsis” dikwels met “see”. Die Septuaginta* en die Vulgaat* vertaal “tarsis” in Jes 23:1 en Eseg 27:12 met Kartago in Afrika*. Tarsis was ryk aan silwer, yster, tin en lood (Jer 10:9; Eseg 27:12).
Sidebar