TELEMACHUS

TELEMACHUS (?–404) was ’n monnik* wat, volgens Katolieke* oorlewering, ’n swaardgeveg in ’n amfiteater, waarskynlik die Kolosseum, onderbreek het omdat dit te wreed geword het. Die woedende skare het Telemachus op die plek gestenig. Die Christenkeiser, Honorius, was so beïndruk met Telemachus se optrede en marteldood dat hy ’n edik uitgevaardig het waarvolgens swaardgevegte verbied is.

Hierdie verhaal kom uit die geskrifte van Teodoret, die biskop* van Cyrrhus (393– 457). Daar is egter nêrens anders enige melding van Telemachus of van hierdie gebeure nie of van die edik nie. Die enigste saak wat vasstaan, is dat die laaste swaardgeveg in Rome in Januarie 404 plaasgevind het, wat Telemachus se sterfdatum bepaal.

Sidebar