TEMPLETONPRYS

TEMPLETONPRYS. Die “Templeton Prize for Progress Toward Research or Discoveries about Spiritual Realities” is in 1972 deur Sir John Templeton, nyweraar en filantroop, tot stand gebring. Dit is die wêreld se grootste godsdienstige prys en word jaarliks aan ’n nog lewende persoon toegeken wat spirituele insig en waardes bevorder het en/of ’n bydrae gelewer het dat die verhouding tussen teologie* en wetenskap beter verstaan kan word. Sir John het bepaal dat die Templetonprys se monetêre waarde meer moet wees as dié van die Nobelpryse om aan te dui hoe belangrik spirituele sake is. Moeder Teresa* was in 1973 die eerste ontvanger van die prys – ses jaar voordat sy die Nobelprys vir Vrede gekry het – en ’n Suid-Afrikaner, George FR Ellis*, was in 2004 die ontvanger. Toe het die prys $1,4 miljoen bedra.

Sidebar