TEOFILUS

TEOFILUS is die geadresseerde van Lu­kas* en Handelinge* (Luk 1:1; Hand 1:1). Dit is onseker of hy ’n werklike persoon of ’n fiktiewe karakter was, waarskynlik eers­genoemde. Sy identiteit is onbekend, deels omdat “Teofilus” (geliefde/vriend van God) waarskynlik ’n skuilnaam was om sy identiteit te beskerm. Die aanspreekvorm, “hoog­geagte”, suggereer dat hy ’n prominente persoon was. Dalk was hy beskerm­heer van Lukas* se geskrifte, moontlik reeds ’n Christen*, maar deel van die groter Christendom*wat verdere begronding oor Jesus* nodig gehad het. Deur hom verbind Lukas sy twee boeke tot ’n literêre eenheid, en steek hy ’n kleim af vir die openbare karakter van die evangelie*.

 

Sidebar