TEOLOGIE VAN DIE KONINKRYK

TEOLOGIE VAN DIE KONINKRYK. Johan Adam Heyns* (1928–1994) was reeds tydens sy voorstudie op Potchefstroom aangegryp deur die Calvinistiese* filosoof, HG Stoker*, se beklemtoning dat God soewerein oor die hele skepping heers. Die koninkryksgedagte het ook vroeër en later by sommige ander Potchefstroomse teoloë, soos JH (Amie) van Wyk*, ’n belangrike rol gespeel. Heyns het mettertyd doelbewus ’n koninkryksteologie ontwerp, soos veral blyk uit sy boek Lewende Christendom. ’n Teologie van gehoorsaamheid (1974) en sy afskeids­rede aan die Universiteit van Pretoria, “Die koninkryk van God – grondplan van die Bybel” (1993).

Die koninkryk* van God staan vir Heyns sentraal in die Skrif* en in die teologie. Hy verstaan die koninkryk enersyds as God se heerskappy oor al sy onderdane, en andersyds as hulle gehoorsame aanvaarding daarvan. Die koninkryk strek van die begin (skepping*) af tot die einde (wederkoms*) oor alles en almal. Daarom word dit ook gesien as die bestemming van alle samelewingsverbande soos bv volk, staat* en kerk*.

Vir verdere lees: JH van Wyk 2015. Teologie van die Koninkryk. Studies in Dogmatiek en Etiek. Potchefstroom: Vanwyk.

 

Sidebar