TEOSOFIE

TEOSOFIE is ’n panteïstiese*, mistiek*-wysgerige stelsel oor die trapsgewyse vervolmaking van alle skepsele. Dit maak aan­spraak op bronne uit die vroeë Griekse filosofie, maar het tot stand gekom met die stigting van die Theosophical Society in New York in 1875 deur Madame Helena Petrovna Blavatsky (1831–1891), saam met Henry Steel Olcott en William Quan Judge.

Teosofie behels ’n korpus van idees wat aanvoer dat alle godsdienste pogings deur die mens is om die goddelike te bereik. Elke godsdiens bevat dus ’n element van die waarheid. Teosofie beweer dat kennis van die goddelike verkry kan word deur middel van geestelike ekstase, direkte intuïsie of spesiale indiwiduele verhou­dings. Dit sluit baie sterk aan by Hindoe*- en Boeddhistiese* leerstellings en streef ’n universele broederskap van mense na. Aan­hangers van die teosofie voer aan dat dit ’n “liggaam van waarheid” is wat die basis van alle godsdienste vorm.

In die wapen van die teosofistiese ver­eniging kom vyf prominente simbole voor, naamlik die ster van Dawid*, die ankh, die swastika en die ouroboros. Bokant die wapen is die aum. Die leuse van die vereniging is: “Daar is geen godsdiens hoër as waarheid nie.”

Vir verdere lees: http://en.wikipedia. org/wiki/Theosophy

Sidebar