TERSTEEGEN, GERHARD

TERSTEEGEN, GERHARD (1697–1769) was reeds vroeg in sy lewe deel van ’n enkelouer-gesin. Daar was nie geld om verder te studeer nie en hy het ’n verkoopman geword. Maar hy was ’n alleenloper, en daarom het hy by ’n wewer aangesluit en met leeswerk teologie* gestudeer. Hy het ’n bekende lekepastor en lekeprediker ge­word. Hy was ’n mistikus (Kyk by: Mistiek) en ’n diep ge­lowige, het hom by die Protestantse* piëtisme* tuis gevoel en was ’n invloedryke figuur in die Duitse herlewingsbeweging. Tersteegen het heelwat kerkliedere geskryf waarvan die deurlopende tema die algehele neerbuiging voor die majesteit van God is. Een van sy bekendste liedere is Gott is gegenwärtig (“God is hier teenwoordig”, Lied 159, Liedboek van die kerk). Hierdie aanbiddingslied is al “die Hooglied van aanbidding” genoem.

Sidebar