TERTULLIANUS, QUINTUS FLORENS

TERTULLIANUS, QUINTUS FLORENS (circa 155–220) is in Kartago in Noord-Afrika gebore. Hy was een van die prominente figure uit die era van die vroeë kerkvaders* en hy het ’n groot invloed uitgeoefen op verdere teologiese ontwikke­lings. Gelei deur sy sterk asketiese* inslag, het hy hom in 207 by die Montaniste* aangesluit. In sy besonder oorspronklike denke en geskrifte spreek hy hom onder andere uit oor die verhouding van die Christendom* tot die kultuur*, oor die positiewe van godsdienstige martelaarskap, en oor die Triniteit* en Christologie*.

 

Sidebar