THEOLOGICAL EDUCATION BY EX­TENSION (TEE)

THEOLOGICAL EDUCATION BY EX­TENSION (TEE) is een van die bete­kenisvolle deurbrake in teologiese oplei­ding van die afgelope aantal dekades. TEE het in Latyns-Amerika ontstaan as deel van ’n opleidingsprogram vir leraars* in die veld, deurdat die opleiding na die student ge­neem word. Daar is letterlik honderde TEE-sentrums in die wêreld met tienduisende studente. Leraars in gebiede soos Afrika*, Asië, en Latyns-Amerika baat geweldig baie by die stelsel.

Sidebar