TIRUS

TIRUS is ’n antieke hawestad aan die Middellandse See wat reeds so vroeg as 2700 vC bekend was vir die seehandel wat hiervandaan plaasgevind het. Dit is 40 km suid van Sidon* en 45 km noord van Akko*. Hier was twee hawens: een op ’n eiland in die riviermond van die Litanirivier en die ander op die vasteland.

Talle profete het die ondergang van Tirus voorspel (Eseg 26:5; 27:32; Joël 3:4; Amos 1:9; Sag 9:3-4).

In die Nuwe Testament* word Tirus en Sidon* dikwels saam genoem (Mark 3:8). Volgens Matt 11:21-22 het Jesus* gesê dat dit in die oordeelsdag vir dié twee stede draagliker sal wees as vir Kapernaum*. Paulus* het ook vir sewe dae hier oorgebly op sy laaste reis na Rome* (Hand 21:3-7).

 

Sidebar